Goeie Vrydag

Goeie Vrydag? Wat is/was goed aan Goeie Vrydag? Die woord Goed in Goeie Vrydag slaan op God en nie op Goed nie.

Wanneer ’n mens Middelnederlandse tekste lees kom jy soms op ’n woord af waar jy nie weet of die bedoeling God of Goed was nie. Byvoorbeeld: goederhande/goderhande en godertyeren, goedertyeren. Die woord God as aanspreektitel is nie so oud nie. Ons voorouers het hulle Gode op hulle name aangespreek. Soms het hulle versamelname gebruik soos Wane of die Ase. Van die woord Ase het ons Asië waar die son opkom. Die woord ‘goed’ het na ons kerstening betekenisspesialisasie ondergaan en gesplits in Goed en God met twee volledig uiteenlopende betekenisse. Sien die woorde Ase en Goed op die pagina Herkoms van een aantal woorde.

Vergelyk die volgende:

Die woorde God, good (verafgood) en Goed is aan mekaar verwant.

‘Good bye’ is ’n samevoeging van ‘God be with ye’, ook in Good luck (Gods geluk). Vergelyk ook ‘thank goodness’ en ‘for goodness sake’. In hierdie gevalle is good (goed) = God.

In ander tale het ons die volgende: 

Afr/Ned

Engels

Deens/Noors

Sweeds

Duits

God

God

Good

Gud

Gott

Goed

Good

Godt/God

God

Gut

Goeie Vrydag kom van Godes/Godens/Godins Vrydag (God se Vrydag). Omdat Jesus op 'n Vrydag gekruisig is, sou ’n mens kon dink dat dit die rede was waarom ons vandag van Goeie Vrydag praat of Godse Vrydag. Maar hierdie moontlikheid is baie klein, omdat ’n mens eerder ’n benaming sou verwag het soos ‘Jesusdag’ of ‘Kruisingsdag’ of so iets.

Die volgende is baie meer waarskynlik: Voor ons kerstening was daar in Maart (1) ‘n baie belangrike vrugbaarheidsfees gewees (21 Maart, presies tussen die Europese Midwinter en Midsomer). Hierdie fees het ons Ostara, Ester, Ooster of Easter (Eng) genoem. Hierdie fees was aanvanklik opgedra aan die Godin Ostara. Later het 'n jonger Godin haar plek ingeneem. Haar naam was Freya. Sy het Ostara uiteindelik verdring. Die Germaanse Ostara is verder ook verwant aan Isjtar, Ishtar of Astarte.

Die kerk het eers baie hard geprobeer om die fees uit te roei, maar sonder sukses. Daarna is probeer om die fees te kersten deur Paasfees op dieselfde tydstip te vier as die Heidense Ostara en die Ostara te probeer verdring. Ook die verdringingsproses was nie suksesvol nie. Later is daar besluit om die tydstip van die fees effens te verskuif sodat dit met die Joodse viering daarvan sou saamval. Vandag ken ons Paasfees aan die Heidense vrugbaarheidsimbole, naamlik paashase en paaseiers en ook koekies en sjokoloade in hierdie vorms.

Die viering van die Heidense Ostara het nie noodwendig op 'n Vrydag geval nie. Die term Goeie Vrydag stam uit ons Germaanse religie. Goeie Vrydag = Godin Freya se dag. Ons huidige Paasfees is die resultaat van die versmelting tussen Europese en Semitiese feeste.

Ten slotte nog die volgende oor ‘Good luck’. Die woord geluk (Eng lucky) kom van die Germaanse God Loki. Hy was ’n baie wispelturige God. Deur sommige stamme is hy gesien as ’n soort duiwel. Maar as hy aan jou kant was, het dit baie goed gegaan met jou. In Nederlands hoor ’n mens die volgende uitdrukking baie: ‘Met God se geluk het ek die eksamen geslaag’. Maar wat beteken hierdie uitdrukking dan, want dit maak nie sin nie?  Dit beteken eintlik: ‘Met God Loki se hulp het ek die eksamen geslaag’.  ‘Good luck’ is eintlik God Loki!

(1) Die maand Maart (soms April) was vroeër bekend as Ostara of Ester by die ou Germane.