une of Runeskrif

Voor die koms van die Romeinse kultuur na Noord-Europa het die Germane ’n eie skryfsisteem gehad wat bekend gestaan het as rune of runeskrif. Die skryfsisteem van die Kelte het bekend gestaan as die ogham. In Ogham het daar 369 inskripsies behoue gebly. Die Keltiese skrifstelsel is vernoem na die Keltiese God Ogham. Die ogham het ook bekend gestaan as die boomalfabet, omdat elke letter die naam van 'n boomsoort verteenwoordig, byvoorbeeld: A - ailim (iep), B - beithe (berk) ens. Die woord alfabet kom van die Latynse letters ab of alfabeta. Die Germaanse woord rune beteken boodskap of (lopende) berig. Die Engelse woord run en die Afrikaanse woord ren(perd) is hieraan verwant asook die Duitse woord raunen wat fluister beteken. Die ou Germaanse priesteresse het moontlik 'n preweltaal of fluistertaal gebruik by die ontleding van 'n orakel. In Oudnoors beteken die woord rûn geheime- of towerteken. In Oudsaksies, Oudhoogduits en Goties was die tekens bekend as rûna. Die woord rune is afkomstig van die Indoeuropese wortel *ru wat geheim beteken.

Wat kenmerkend is van die rune (en ook ander ou alfabette) is dat elke letter ’n naam het en dat hierdie letter ook ’n aparte betekenis het wat dikwels in verband staan met ’n geheime of ’n verborge boodskap (magie of Goddelike krag). In ons huidige alfabet word ‘n ‘a’ ’n ‘aa’ genoem en die ‘a’ het geen betekenis nie. Maar by die rune word die ‘a’ geskryf as ansuz. Dit word Ansuz (Aesir of God) genoem en dit simboliseer Goddelike krag. Elke woord in die runeskrif was dus swaar belaai met simboliek en betekeniswaarde. Elke woord het dan ook 'n bepaalde uitstraling gehad afhangende van die lettertekens waaruit dit opgebou was.

Die rune toon ooreenkomste met ander bekende nuwe alfabette. Daarbenewens het die rune ook per gebied verskil.

Die futhark (runeskrif) is verdeel in drie groepe (opgedra aan drie Gode) van elk agt rune, wat bekend gestaan het as Aettir: Freya se agt, Hagal se agt en Tyr se agt. Die woord futhark word gevorm deur die 6 eerste letters van die runenalfabet: f, u, þ (th), a, r en k. Hierdie futhark het bestaan uit 24 runetekens of runestawe en staan vandag bekend as die Ou Futhark. Die latere Vikinge het ’n nuwe futhark gebruik wat slegs uit 16 runetekens bestaan (Nuwe Futhark). Op die Britse eilande was ’n Anglo-Saksiese runeskrifstelsel in gebruik met 33 runetekens bekend as Futhorc. Hierdie Futhorc was in gebruik tot en met die 11de eeu.

Runemeesters (was meestal vroue) het die rune ook stawe genoem omdat die letters opgebou was uit klein stafies (reguit lyne). Later was terme gebruik soos runstaf (runeteken) en bokstaf (Latynse letter) om tussen die twee skryfsisteme te kon onderskei. Die woord staaf (boekstaaf) stam uit die gebruik van die rune. Boek kom van beuk. Beuk is 'n soort hout (boomsoort) waarvan die planke gebruik was om letters op te kras.

Hieronder die Ou Futhark:

Freya se Agt

Rune

Latynse  letter

Syfer waarde

Naam van Rune

Vertaling

Magiese betekenis

 
fehu
F
1
Vee
Vee was ’n baie waardevolle besitting. Hierdie rune is ook die belangrikste en simboliseer rykdom en voorspoed.
uruz
U
2
Oeros
Die oeros het simbool gestaan vir krag en snelheid. Om ’n oeros je jag het veel kundigheid van die krygers, vereis. Hierdie rune is daarom van groot belang
thurisaz
Th
3
Jötun Reus
Hierdie rune het beskerming gesimboliseer, maar soms ook ’n probleem of uitdaging.
ansuz
A
4
Aesir (god)
Hierdie rune simboliseer kommunikasie en goddelike krag.
raido
R
5
Reis
Hierdie rune simboliseer die siklus van die lewe en staan vir verandering of aksie.
kauna
K
6
Lig
Hierdie rune simboliseer vuur, lig of Goddelike lig.
gebo
G
7
Geskenke
Hierdie rune simboliseer spirituele geskenke of gawes.
wunjo
W
8
Perfeksie
Hierdie rune simboliseer balans en harmonie.

 

Hagal se Agt

Rune

Latynse  letter

Syfer waarde

Naam van Rune

Vertaling

Magiese betekenis

 
H
9
Haël

Hierdie is ’n weerrune en simboliseer uitdagings of ook onbeheerbare kragte.

N
10
armoede of nood

Hierdie rune simboliseer selfontwikkeling. Mense met ’n bepaalde behoeftekan hierdie behoefte realiseer.

I
11
Ys

Hierdie rune staan vir onaktiwiteit of status quo.

y/j
12
Jaar of Oes

Hierdie rune dui aan dat daar ’n nuwe tydperk aanbreek of dat ’n bepaalde inset wat in die verlede gemaak was nou vrugte kan werp.

e/i
13
Yggdrasil (taxus)

Die taxusboom was gesien al de bewaarder van wysheid en as ’n poort na ander wêrelde. Hierdie rune staan bekend as die sjamaanrune, omdat sjamane die vermoë gehad het om na verskillende wêrelde te reis. Die rune staan ook vir motivering en transformasie.

P
14
Dobbel steen beker

Hierdie rune simboliseer Lot. Die dobbelsteenbeker was gebruik by dobbelspelle en weddenskappe.

Z
15
Eik

Hierdie rune simboliseer die wêreldboom en stel "bescherming" voor.

S
16
Son

Die son gee lig, warmte en lewenskrag. Aan hierdie rune word voorspoed en gesondheid toegeken.

 

Tyr se Agt

Rune

Latynse  letter

Syfer waarde

Naam van Rune

Vertaling

Magiese betekenis

 
T
17
Tyr

Tyr was een oorlogsgod wat sy arm opgeoffer het om ander Gode te red. De rune word gesien as ’n bereidheid om ’n offer te bring wat sal lei tot ’n heldedaad of ‘n oorwinning.

B
18
Berk

Die Berk (boomsoort) is besonder taai en bestand teen brandskade. Ook herstel die boom vinnig na ’n brand. Hierdie rune word daarom in verband gebring met wedergeboorte en vrugbaarheid.

E
19
Perd

Die perd word beskou as ’n die kosbaarste dier in die diereryk. Hierdie rune simboliseer daarom samewerking en vooruitgang.

M
20
Mens

Hierdie rune word gesien as die verteenwoordiger van die mensheid.

L
21
Water

Water word in verband gebring met intuïtie en emosie.

Ng
22
Inguz (God)

Inguz (of Ingwaz) was ’n Vrugbaarheidsgod. Hierdie rune staan daarom ook vir vrugbaarheid en ook kreatiwiteit.

D
23
Dag(lig)

Hierdie rune staan vir duidelikheid, oplettendheid en helderheid.

O
24
Besitting

Hierdie rune staan vir voorouers en erfenis.

Die 25ste steen is 'n blanko steen en is later toegevoeg.

Oorsprong en gebruik van die rune

Die syfer 9 was vir die ou Germane 'n heilige syfer. Die rune is dan ook gebaseer op 9 stawe. Hierdie 9 stawe het gedien as basis vir die ontwerp van die rune.

Die rune is verwant aan sowel die Griekse as die Romeinse skrifstelsels asook die ou Etruskiese skrif van Noord-Italië. Dit dui op 'n Noordwaartse invloed. Maar daar word ook deur ondersoekers aangedui dat die rune ooreenkom met rotstekeninge in Hällristningar wat dateer uit die einde van die steentyd en die begin van die bronstyd. Die tekens wat argeoloë in Oostenryk, Suid-Duitsland en Noord-Italië gevind het, is moontlik afkomstig van die emigrerende Germane uit die Noorde - Suidwaartse invloed. By die oudste inskripsies was daar van regs na links geskryf.

Met die koms van die Christendom na Noord-Europa het die Latynse alfabet die Germaanse rune verdring. Die Germaanse skrifstelsel is deur die kerk verbode verklaar. Die Germaanse skrifstelsel het immers swaar gedra aan simboliek en betekeniswaarde wat weer nou gekoppel was aan die ou Germaanse godsdiens. Verder was die rune ook gebruik om magiese kragte op te roep. Dit is gebruik by orakels om insig te gee in die daaglikse problematiek en die toekoms te probeer voorspel. Om hierdie redes was die Germaanse skrifstelsel vir die Christene onaanvaarbaar en is reeds bestaande geskrifte so ver moontlik vernietig. In sommige Germaanse gebiede is die doodstraf later ingestel vir mense wat hulle met rune besig gehou het.

In die geïsoleerde Skandinawiese platteland sou tydens die Middeleeue 'n verdere verfyning kom van die rune (uit Nuwe Rune) wat bekend gestaan het as Futhork en het uit 27 tekens bestaan. In die Sweedse provinsie Dalarna was die runeskrif tussen 1500 tot 1800 nC ook verfyn. Dit het bekend gestaan as Dalrune en was 'n mengsel tussen Latynse letters en runetekens. Die Dalrune was in gebruik tot in die 20ste eeu.

Meer as 4,000 rune inskripsies het tot en met vandag behoue gebly en is gemaak op stene, gedenkstene, bene en metaal voorwerpe. Rooi was 'n heilige kleur vir die ou Germane. Die rune tekens was daarom meestal rooikleurig (bloed).

Uit die rune (25 stene of stawe) sou later die tarot (78 speelkaarte) ontstaan het. Die woorde spel, spelling, speel, verspeel en voorspel kom uit die gebruik van die rune by orakels. Terloops, die Engelse woord play, is verwant aan plooi (plooy) of ontplooi.

Die woorde lees/leer (studeer) kom ook uit die gebruik van die rune. Die woorde lees/leer was aanvanklik een en dieselfde woord (wisseling van -r en -s in auslaut van Germaanse woorde). Lees het aanvanklik die betekenis gehad van vorm, spoor, voetafdruk, en voetspoor. Vergelyk ook die woord last (Eng) en die Oudengelse læste (voetafdruk). Lees beteken dan: vorming van die rune tekens. Die woord(e) lees/leer is verder ook nog verwant aan die woord lis(tig). Lis(tig) wat vandag slu beteken, het vroeër die betekenis gehad van wysheid, kennis en verstand. Die Engelse woorde read en riddle kom ook uit die gebruik van die rune. Dit het naamlik gedui op raad of wysheid (by die ontleding van die rune), waarvan ook woorde soos raai en red(aksie) afkomstig is.

'n Rune gedenksteen.
Die Codex Runicus is 'n Skandinawiese wetboek wat uit 1300 nC dateer en bevat 202 bladsye.

Doel van die rune

Die rune was nie alleen gebruik as skrifstelsel nie, maar het ook 'n funksie gehad by bepaalde rituele. Hierdie tekens is dikwels gevind by altare, offerstene en ook in grafte van mense. Rune was gebruik om die Lot van mense en gebeurtenisse te voorspel. Maar dit is ook gebruik om invloed uit te oefen op die gedrag van mense, die weer, oeste, liefde, vervloeking, genesing, ens. Die rune het magiese waarde gehad. Sommige mense het runetekens (of een teken) permanent by hulle gedra omdat dit geluk sou bring of teëspoed sou afweer.

Inwyding

Nuwe rune moes altyd eers ingewy word voordat dit magiese waarde gehad het. Hierdie inwyding is in vier stappe gedoen. Die runestene was eers blootgestel aan rook, maar die rook moes van 'n spesifieke plant (kruie) kom. Hierdie rook het simbool gestaan vir Lug en Gees. Hierna is sout oor die runetekens gestrooi, as simbool van die aarde (Sout van die Aarde). Hierna is die runetekens in water gedompel uit 'n bron. Die stene was hier met Lewende Water gedoop. Laastens is die stene liggies oor 'n brandende vuur gehou om dit te suiwer. Lug, Aarde, Water, en Vuur is die elemente van die kosmos. Die runetekens moes hierna nog geaktiveer word of eie gemaak word. Om dit te doen moes die rune stuk vir stuk eers op die linkerpalm van die eienaar geplaas word, waarna die regterhand bakvormig en beskermend oor die runeteken gehou was. Die runetekens was hierna gereed vir gebruik (alleen deur die eienaar) en 'n sakkie bewaar. 

Orakel

Die rune(stene) kon op verskillende maniere geraadpleeg word, bekend as 'n orakel. Dit was 'n Goddelike raadpleging. Die mees bekende orakels was die volgende:

Wodanse rune

Dit was die eenvoudigste manier om die rune te raadpleeg. Die rune word in 'n sakkie gehou. Wanneer die eienaar sy/haar hand in die sakkie steek sal een van die rune 'n bietjie aan die vingers kleef. Hierdie rune word dan uitgehaal en gelees. Hieruit sal die huidige probleem blyk, asook die oplossing van die probleem.

Die Drie-Rune-Orakel

Die Drie-Rune-Orakel was gebruiklik by ingewikkelde situasies. Dit word gedoen deur aan die probleem te dink. Daar word drie runestene uit die sakkie gehaal maar eers bly die teken aan die onderkant (dus onsigbaar). Die stene word van regs na links neergelê en daarna omgedraai. Die steen aan die regterkant, gee die situasie aan soos dit nou is. Die steen in die middel dui die nodige handelswyse aan en die steen aan die linkerkant dui op die nuwe situasie.

Die Runekruis

Die Runestene (5) word in die vorm van 'n kruis neergelê. Die stene word van regs na links gelees en weer van onder na bo.

Die Nege-Rune-Orakel

Hier word nege stene (eerste 9) uit die sakkie gehaal en in die hand gehou. Hierna word dit versigtig op 'n wit doek gestrooi (nie neergelê nie). Die steen in die middel word eers gelees en daarna na die buite kante toe, maar met die volgende aspekte in gedagte:

 

Klik hier vir nog meer inligting oor rune.

Om teks (Afrikaans) in rune te vertaal, kan u hier klik.