Lieweheersbesie

By baie van die ou volkere is daar geglo dat 'n God sy verskyning maak in 'n kewer. Die woord 'tor' wat ons vir kewer gebruik kom byvoorbeeld van die Germaanse God Thor of Donar. Die woord 'lieweheersbesie' is ook interessant. Baie mense mag dink dat die woord Lieweheersbesie na die Christelike God verwys, maar die aanspreektitel vir die Son en die Songode onder die Germane en die Romeine was 'Liewe Heer'. Die lieweheersbesie is oranje-/rooi kleurig en lyk 'n bietjie na die son.

In sommige tale word die lieweheersbesie inderdaad 'n sonbesie genoem. Die woord lieweheersbesie het dus ook betrekking op die voorchristeklike tydperk en dui op die son en vernaamlik die son as God. Maar na die kerstening van Europa is hierdie kewer ook vernoem na die nuwe geestelike figure. Vergelyk die volgende:

Met verwysing na Germaanse Godin Freya
Oud Noors: Freyjuhaena

Met verwysing na Maria:
Calabrese: Gaddrinèddra d'à Madònna
Kastiliaans (Spaans): Mariquita
Katalaans: Marieta
Deens/Noors: Mariehøne
Engels: Ladybird, Ladybug
Duits Modern: Marienkäfer
Middelduits: Marienvoglein
Yslands: Maríuhæna
Nedersaksies: Mariek
Nederlands: Mariakever, Mariabeestje
Nederlands: Liefvrouwebeestje
Vlaams: (Onze)lievevrouw(e)beestje
Deens/Noors: Mariehøne
Zeeuws: Lieve vrouwke


Met verwysing na God (Jesus) of Songod:
Nederlands: Lieveheersbeestje
Nederlands: Zonnekever
Nederlands: Jezusjesbeestje
Vlaams: (Onze)lieveheer(s)(e)beestje
Nedersaksies: Sünn(e(n))küken
Breton: Buoc'hig-Doue
Iers: Bóín Dé
Nedersaksies: Herrgottskoh


Verwysing na haan* of voëls:
Deens/Noors: Mariehøne
Yslands: Maríuhæna
Oud Noors: Freyjuhaena
Nedersaksies: Sünn(e(n))küken
Welsh: B uwch goch gota
Engels: Ladybird
Middelduits: Marienvoglein

Ander verwysings:
Wes Fries: Ingeltsje: (dus: engeltjie)
Wesvlaams: Hemelbeestje
Nederlands: Gelukskever
Nederlands: Hemelskoetje (dus: hemelkoeitjie)
Nederlands: Heiligenkever

* Die haan speel in die Ketliese mitologie ’n prominente rol. Woorde soos Gallië, Wallis, Wallonië, Wales, Waals, ens is afgelei van die woord haan.