Islam voor en na Mohammed


Uit opgrawings oor die hele Midde-Oosterse gebied, van die Ooste van Turkye (of Klein Asië) tot aan die Nyl blyk dat die inwoners van hierdie gebied die Maan aanbid het. Hier is nie alleen tempels ontdek wat opgedra was aan die Maangod nie, maar ook duisende kleitablette waarop die aanbidding van die Maan beskryf word (deur byvoorbeeld die Sumeriërs). Die Maan was aangeroep onder verskillende name. Die mees gewilde name was Nanna(r/n) Suen, en Asimbabbar. Die simbool van die Maangod was die sekelmaan. Hierdie kultus was wyd verbreid in die hele Mesopotamië. Die Assiriërs, Babiloniërs en Akkadiërs het die Maan aangeroep as Sin of Suen. Die woorde Sin, Sumeriër, Semiet Sem (seun van Noag) en Sinaï is aan mekaar verwant.

In die ou Sirië en Kanaän was die Maangod Sin afgebeeld met die maan in sy eerste fase. Soms was die volle maan binne in die sekelmaan geplaas om alle stande van die maan aan te dui. Die sterre was die dogters van die maan. Een van hierdie dogters was Ishtar genoem. Die Maangod was getroud met die Songodin. Ishtar was ook Astarte genoem en in die Germaanssprekende gebiede was sy ook bekend as Ostara. Verder is Ishtar ook verwant aan Esther.

In die Ugaritiese tekste was die Maangod ook Kusuh genoem. In Persië en Egipte was die Maangod nie alleen afgebeeld op muurskilderye en op die gesigte van beelde nie, maar op talle voorwerpe soos aardewerk, kleitablette, oorringe, halssnoere ens. In Tell-el-Obeid was ’n koper kalf gevind met die sekelmaan op sy voorkop. Dit is ook bekend dat wanneer daar brood gebak was, die sekelmaan in die deeg gekras was. In Ur is ’n hele tempel opgegrawe met talryke voorwerpe waarop die sekelmaan afgebeeld was.

In 1950 was daar in Palestina in die stad Hazor twee beelde van die Maangod gevind. Dit was beide beelde van sittende manne op ’n troon, met ’n sekelmaan op die bors. Die inskripsies het aangedui dat dit beelde was van die Maangod. Saam met hierdie twee beelde was daar ook ’n aantal ander beelde gevind waar die inskripsies daarop dui dat hierdie beelde dogters was van die Maangod.

Afbeelding: Maangod, Sin



Gedurende die 19de en 20ste eeu het argeoloë duisende voorwerpe met inskripsies daarop opgegrawe in Arabië. Daaruit blyk dat die Maangod Allah genoem was en dat die Maankultus die dominante godsdiens in Arabië was. Daar is ook beelde sowel as afbeeldinge gevind met die Maangod Allah en sy drie dogters al-Lat, al-Uzza en Manat.


Let op die sekelmaan op die bors van die beeld.


In die tempel Kaäba (letterlik kubus) te Mekka, was daar 360 gode aanbid, waarvan die Maangod die Oppergod was. Alhoewel die naam van die Maangod Sin was, was sy aanspreektitel Al-Ilah, wat Dié God beteken, wat weer ingekort is tot Allah. Maar dit is verder ook bekend dat die woord Allah ’n wyer gebruik en betekenis gehad het. Baie Arabiere uit die tyd het die naam Allah gehad of was Allah deel van hulle naam. Die name van Mohammed se vader, asook een van sy ooms was Allah.

In hierdie tyd was daar in die hele Midde-Ooste talryke Gode aanbid, ook onder die Israeliete soos blyk uit die eerste hoofstukke van die Bybel (byvoorbeeld: Deut 4:19 en Deut 17:3 asook 2Kon 21:3,5 en 2Kon 23:5 en Jer 8:2 en Jer 19:13 ens). Daar was talryke oproepe van religieuse leiers uit hierdie gebied om die aanbidding van die Son en die Maan en die sterre te beeïndig. Mohammed was een van hierdie leiersfigure.

Voor die koms van Mohammed was Allah die Hoofgod oor 360 ander Gode in Mekka. Mohammed wou dit verander en sou ’n leidende rol gespeel het. Nie alleen alle ander Gode moes van die toneel af verdwyn nie, maar ook die vrou en dogters van Allah moes die veld ruim. Mohammed as die enigste outeur van die Koran skryf in sy oorredingsboodskap: “Buig nie eerbiedig neer voor die son en die maan nie, maar buig eerbiedig neer voor God wat hulle geskape het, as Hy die een is wat julle dien.” (Koran 41:37).

Die sekelmaan en die vyf sterre (embleem van die Maankultus) is vandag ’n simbool die Islam. Hierdie simbool pryk op die landsvlae van ’n aantal Islamitiese lande (1). Dit staan ook afgebeeld op die minarette (torings) van moskeë. Dit is ook deel van die Halaal teken. Soms word die maan met net één ster afgebeeld (5-punt ster). Die 5 sterre of die vyfpuntster simboliseer die 5 suile van die Islamgeloof.

Hierdie Maanaanbidders uit die Midde-Ooste het waarskynlik lynreg teenoor die Sonaanbidders gestaan. Dit blyk duidelik uit die gebedsritueel van die Moslems. Die gebedsritueel van die Moslemgelowige is spesifiek daarop gerig om ’n Sonverering te vermy. Sonaanbidders was juis aktief met sonsopkoms en sonsondergang. Die Moslemgelowige moet 5 keer per dag bid in die rigting van Mekka:

a) salat al fajr: vanaf die oggendskemering tot net voor sonsopkoms;
b) salat al zuhr: die hoogste punt van die sonstand;
c) salat ul asr: laat in die middag, maar voor sonsondergang;
d) salat al maghrib: direk na sonsondergang tydens aandskemering;
e) salat al asha’a: vanaf donkernag tot middernag.

Die swart gebou in die middel is die ou Heidense tempel Kaäba. Hy is ongeveer 15 meter hoog, 15 meter lank en 17 meter breed. In die tyd van Mohammed het hier 360 Gode in gestaan met Allah (Maangod) as die Oppergod.


Wat duidelik blyk uit ondersoek is dat die Arabiere voor en na die koms van Mohammed (en sy nuwe godsdiens):

a) ’n God aangeroep het wat hulle Allah genoem het. Voor- en tydens die lewe van Mohammed was Allah = Maan;
b) dat hulle verskeie kere per dag in die rigting van Mekka (Kaäba) gebid het;
c) dat dit as belangrik beskou was om 7 keer om die tempel (later moskee) Kaäba te loop (2);
d) dat dit belangrik was om die swart klip (Hajer Aswat) voor die tempel (later moskee) te kus (2);
e) dat dit belangrik was om ’n offer te bring deur ’n skaap keel af te sny;
f) om klippe te gooi na die duiwel;
g) en om ‘n maand lank te vas nadat die sekelmaan sigbaar word tot die volgende sekelmaan, wat as Ramadan (9de maand volgens die Islamitiese jaartelling) bekend staan, ens.


1) Algerye, Azerbeidjan, Comore, Maleisië, Mauritanië, Tunesië, Turkye, Turkmenistan, Oezbekistan, Pakistan, en Iran

2) Voor die koms van Mohammed het 7 priesteresse van die 'Godin van die Swart Steen' elke dag 7 keer om die Swart Steen geloop. Hulle was naak en het linksom die steen geloop. Vandag moet pelgrimsgangers die Swart Steen kus en 7 keer linksom die Kaäba loop. Die verering van die Swart Steen staan ook in verband met die verering van die Moedergodinkultus, byvoorbeeld die Romeinse Cybele wat beskou is as die Godin van die Swart Steen. 'n Soortgelyke steen met die sewe oë van Jahweh word beskryf in Sag 3:9 en 4:10.